Aanbiddingspan

Aanbiddingspan

By Woord en Lewe strewe ons daarna om d.m.v ons talent en gawes, die naam van die Here bekend te maak, en so Sy lig te skyn, dat almal daardeur geraak kan word.

Die aanbiddingspan funksioneer as ‘n belangegroep wat weekliks bymekaar kom, oefen en die woord te deel en mekaar te stig en saam te bid en so vir mekaar om te gee.

Ons strewe om familie te wees, saam te lag en saam te werk. Ons soek die beste in mense om ons. Ons hou van disipline. Ons strewe eenheid na. Vir ons is dit belangrik dat die span sukses sal hê as eerder as ‘n spanlid. Ons is bereid om enigeplek te dien hoe groot en hoe klein ookal. Ons respekteer die platvorm wat vir ons geskep is om te aanbid en doen dit met nedederigheid. Ons sit tyd in vir die voorbereiding van ons aanbidding omdat ons excellence na streef. Ons weier om beinvloed te word deur negatiewe terugvoer, en probeer elke keer harder. Lojaliteit en getrouheid is een van ons hoofwaardes. As leiers besef ons, ons moet ‘n toegeweide lewe leef, nederig en opreg wees. Ons besef ons moet die voorbeeld wees en nie die uitsondering nie. Ons is lief vir die Woord. Ons besef ons afhanklikheid van die Here. Die Heilige Gees is die een wat ons lei en ons help. Ons is lief vir Jesus.

As jy voel jy jy wil betrokke raak en het ‘n talent wat jy met ander wil deel, skakel ons vir ‘n oudisie. Die twee leiers wat u kan nader is Tommy Ackerman 0826013936 of Morné Coetzee 0823181927. Kontak ons asb, ons is daar om jou te dien en jou te help om jou bediening ten volle vir die Here uit te leef.

 

Naam*

E-pos Adres*

Onderwerp*

Boodskap