GriefShare
Wat is GriefShare
Die finaliteit van dood is moeilik om te aanvaar want dit is ontwrigtend en disorieënterend. Indien iemand ‘n lewensmaat, kind, familielid of vriend verloor het sal hulle vind dat daar nie altyd mense is wat hulle hartseer verstaan nie. Die ergste is dat sommige mense jou laat voel dat jy oorreageer oor die verlies van ‘n geliefde en dit is presies waaroor GriefShare gaan. Om mense te help om daardie realiteit te aanvaar sodat hulle weer kan aangaan met hul lewens. Hierdie groep word ondersteun deur mense wat verstaan waardeur jy gaan en wat jou wil help en bemoedig gedurende hierdie moeilike tyd.
GriefShare bied Bybelse onderrig oor rou en die herstelproses en bestaan uit onderwerpe soos bv. “Living with Grief”, “The Effects of Grief”, When your Spouse dies”, “Why?” en “God’s prescription for Grief”.
Omtrent almal van ons ken ten minste een persoon wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het. Dit is dalk ‘n vriend, familielid, buurman of kollega en hierdie mense kry baie diep seer. Baie van ons het ‘n begeerte om hierdie mense te help maar weet nie werklik hoe of waar om te begin nie. Deur hulle te verwys na ons GriefShare groep, kan hulle hulle seer deel met mense wat self persoonlike verlies ervaar het en wat reeds deur die rouproses gegaan het.

Wat is die verloop van ‘n tipiese GriefShare byeenkoms?
Elke GriefShare sessie bestaan uit 3 dele nl:
- Video seminaar;
- Groepbespreking; en
- Werkboek en joernaal
Die videos is saamgestel deur ongeveer 45 internasionale en uiters bekwame spesialiste op die gebied van rou en die herstel proses en sluit sprekers in soos Jonie Eareckson Tada, Barbara Johnson, Zig Ziglar en Janet Paschal. Nadat ons die video vertoon het gesels mense oor wat hulle gesien het. Dit gee hulle dan ook die geleentheid om te gesels met ander wat ook ‘n onlangse verlies ervaar het. Dit word dan opgevolg met ‘n werkboek en dagboek inskrywings wat mense dan by die huis help om elke onderwerp verder in die Bybel te ondersoek.
Hierdie drie elemente is ‘n kritiese deel van die helingsproses. Deur die reeks te voltooi sal jy antwoorde vind op vrae soos:
- Is dit ok vir my om te rou?
- Hoe lank sal my rouproses duur?
- Hoe deel ek met hierdie oorweldigende emosies?
- Hoe hanteer ek die belangrike besluite wat geneem moet word?
Wanneer kan ‘n persoon begin om hierdie sessies by te woon?
Dit is raadsaam om vanaf die eerste sessie by te woon maar personse kan enige tyd inskakel aangesien elke sessie ‘n aparte onderwerp bespreek en dit nie in ‘n spesifieke volgorde verloop nie. Mense sal bemoedig word en hulp vind wanneer ookal hulle begin.
Wanneer begin die volgende reeks?
Ons begin in Februarie 2012 en die sessie begin om 19:00. Die reeks sal vir 13 weke voortgaan wat dan elke Dinsdagaand aangebied word. Ons eerste sessie is getiteld “Living with Grief” wat mense sal voorberei vir die Rou-proses en die uitdagings wat dit aan hulle kan stel. Kontak gerus die kerkkantoor of raadpleeg die Naweekbulletin vir meer besonderhede of skakel Janette Sevenster 082 873 7815
Kostes verbonde aan die reeks?
Dit kos slegs R100 vir die 13 weke en dit sluit die Handboek in.
GriefShare - Jeanett Sevenster 082 873 7815













