DivorceCare is ‘n vriendelike groep mense wat vir jou omgee. Mense wat graag saam met jou een van die moeilikste lewenspaaie stap, nl egskeiding. ‘n Mens is nie veronderstel om die pad van egskeiding allenig te stap nie.
DivorceCare se seminare en ondersteuningsgroepe word gefasiliteer deur mense wat verstaan waardeur jy gaan en jou graag wil bystaan. Hier sal jy gebruik kan maak van verskeie DivorceCare hulpmiddels om jou te help om met die pyn van die verlede te deel en om jou lewe weer opnuut te begin.
Daar is duisende DivorceCare onderesteuningsgroepe wat regoor Suid Afrika, Amerika en Kanada en ander lande regoor die wereld ontmoet. Daar is verseker ‘n groep naby jou.
Anton en Amanda Fourie 082 449 9681














