Kleingroepe

Kleingroepe

Saam is ons beter !

Dit maak nie saak waar vandaan jy kom nie, ons het net die regte groep vir jou. Word deel van ons familie en groei in jou geloof.

‘n Mense kan maklik alleen voel in ‘n groot skare. Jy kan elke Sondag ‘n diens bywoon, deel van ‘n groot skare wees, maar nooit werklik betrokke wees, jou geestelike gawes ontwikkel of verantwoordelik gehou word nie.  Ons wil jou sien groei en om deel te wees van so ‘n groep gee vir jou die geleentheid om  in alle fassette van jou lewe as lidmaat  te ontwikkel.  Hierdie groepe kom drie tot vier keer bymekaar ‘n maand. Jou herder, groepleier is ook beskikbaar om vir jou te bid en te besoek. Daarom wil ons jou aanmoedig om nie net ons dienste by te woon nie maar ook ons deel te word van ‘n vriendskapsgroep of ‘n belangegroep.

Elke persoon kan kies in watter groep hy wil wees sodat hy in ‘n groep kan wees met dieselfde belange sodat hulle met mekaar kan deel. Byvoorbeeld: Enkelopend, getroud en ouderdom  ens. Daar is ‘n groep vir elkeen.