Opleiding en Ontwikkeling

Opleiding en Ontwikkeling

Marketplace Academy

Alles begin by leierskap. Belangrike eienskappe van leierskap is gesindheid en vaardigheid wat weer op hulle beurt afhanklik is van wat ons doen. Wat ons doen is afhanklik van wat ons sê en wat ons sê, hang af van wat ons dink. Die manier waarop ons dink, bepaal uiteindelik die effektiwiteit van leierskap wat vandag ‘n wêreldwye probleem is. Ons lees in Spr. 23:7: “Want soos hy in sy siel bereken (dink), so is hy.” Deur jouself toe te rus, spreek van leierskap.

Ons bied aan …
Opleiding word deur verskeie instansies aangebied vir die leek sowel as vir diegene wat gevorderde teologie wil studeer.

Akkreditasie van kursusse
In Suid-Afrika, is daar net een liggaam wat gemagtig is om tersiêre instellings te akkrediteer, nl. die Council of Higher Education (CHE). Deur die Memorandum of Understanding (MoU) word Marketplace Academy onderskryf deur die Theological Seminary (SATS) en TabernaDei Academy. Hierdie kursusse is ten volle geakrediteer.

Die kursusse wat aangebied word, is ‘n verrykende reis na gees, siel en liggaam. Jy sal dit nie berou om jouself deur middel van Marketplace Academy te verryk nie!

Registreer nou!
Pieter Wheeler: 072 880 9478
Akheem Waqar: 011 913 4567

registrar@marketplaceacademy.co.za
www.marketplaceacademy.co.za