Believe it, Live it

Powerkidz

By Powerkidz …

In die koninkryk van Ekurhuleni is ‘n stad met die naam van Kidztown waar Mr Z namens God oor hierdie koninkryk regeer. Die inwoners van Powerkidz is lief vir hierdie wonderlike koninkryk waar elke kind op sy eie vlak bedien word, terwyl daar hope pret is. Die gelag en sang van die kinders blaas elke naweek nuwe lewe in hierdie stad. Dit is vir Mr Z se helpers ‘n voorreg om die Woord van die Here aan elke kind te verkondig sodat hulle meer van Hom kan leer. Op hierdie manier word ‘n sterk grondslag daargestel wat daartoe bydra dat elke kind toegerus word vir die lewe. Powerkidz is Woord en Lewe se kinderbediening wat aktief is tydens elke naweekdiens. Ons sien daarna uit, in samewerking met jou, om ons wonderlike kinders te bedien deur hulle geestelike waarhede te leer wat ‘n blywende verhouding met Jesus Christus kan bewerkstellig.

Hoe funksioneer ons?

Powerkidz funksioneer gelyktydig met elke Sondagdiens en is vir kinders van 3 jaar tot en met graad 7.

08:30 – Afrikaans.   10:30 – Engels.    18:00 –  Engels en Afrikaans.

Die Powerkidz-kampus open ‘n halfuur voor elke diens en sluit 15 minute na ‘n diens. Kinders moet voor die diens geregistreer word en direk daarna afgehaal word.

Veiligheid van jou kind

Enige persoon wat met kinders werk, is wetlik verplig om ‘n polisieklaring te verskaf wat deur Powerkidz gereël word. Jou kind is dus in veilige hande.

Skoolbediening

Ses skole word tans elke termyn besoek waartydens ‘n program vir die kinders aangebied word.

 

Hoe om betrokke te raak

Dis belangrik dat jy eers jou belangstelling identifiseer en besluit in watter diens en ouderdomsgroep jy betrokke wil raak voordat ‘n afspraak met Ruth-Ann Theunissen gemaak word of haar e-pos by ruth-ann@woordenlewe.com.

Ruth-Ann is die direkteur van ons kinderbediening.

Afdelings waarby jy betrokke kan raak
Registrasies, Sekuriteit, Onderwys, Helpers of Mr Z.

Baba-en-peuterkamer

Hierdie gerieflike kamer, geleë agter die klankstelsel in die ouditorium, is vir ouers met babas en peuters tot en met die ouderdom van 3 jaar. Daar is ook ‘n aparte klankdigte speelarea waar die dienste deur middel van oorfone gevolg kan word.

In die onderste saal, waar die Engelese aanddiens plaasvind, is dieselfde fasiliteit aan die regterkant van die saal. Daar is egter nie oorfone hier beskikbaar nie.